Psalm 73 beskryf die psalmis se verbystering terwyl hy die windmakerige. Les 2. Tussen die kandelaars SABBATMIDDAG. *5-11 Januarie


1 Les 2 *5-11 Januarie Tussen die kandelaars SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Openbaring 1:9 18; Handelinge 7:54 60; Matth&eacu...
Author:  Jurgen Smet

0 downloads 1 Views 263KB Size

Recommend Documents


Petrus was die eerste apostel wat verlossing aan die heidene verkondig het. Hy. Les 9. Petrus en die Heidene SABBATMIDDAG
1 Les 9 *22 28 Augustus Petrus en die Heidene SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Hand 2:5-21; 10:1-8; 23-48; Rom 2:14-16; Hand 10:9-22; 11:...

DIE RIETFONTEINTJIE JANUARIE 2017
1 DIE RIETFONTEINTJIE JANUARIE 20172 EREKODE Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die grondwet, asook die riglyne en gedragskode van die Suid-Afr...

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:
1 HEILIGE GEES SE WERKING IN DIE LEWE VAN DIE CHRISTEN (NT): Jesus leer ons wel dat die werk van die Heilige Gees teenwoordig is by die bekering sowel...

DIE GESKIEDENIS VAN DIE. SEDERt WOI TOT 31 JANUARIE 1981
1 DIE GESKIEDENIS VAN DIE PERSONEELFUNKSIE I IN DIE SA WEERMAG SEDERt WOI TOT 31 JANUARIE 1981 Kmdt J.J. du Toit* Inleiding Op versoek van H SAW is hi...

Waarom die titel, 'Outside In', en hoe sal jy die inhoud van die uitstalling beskryf?
1 ONDERHOUD met LITNET se Steyn du Toit en Clare Menck oor haar solo Outside In by Erdmann Contemporary (2-26 September 2014) met ge-illustreerde praa...

Die vroeë handel tussen die Ooste en die Weste
1 Die vroeë handel tussen die Ooste en die Weste Gedurende die tyd voor die geboorte van Christus was daar volkere soos die Egiptenare (wat die P...

God het alles begin. Hy het in die begin die hemel en die aarde geskep. Dit
1 1 Skrifgedeelte: Genesis 1:1, 2, Fokusgedeelte: Genesis 1:1, 27, 31 God maak alles baie goed en sorg steeds vir alles God het alles begin. Hy het in...

HOSEA. Inleiding. Die boek dra die naam van die profeet wie se profesieë volgens oorlewering daarin opgeneem is. Die naam Hosea beteken Hy verlos
1 HOSEA Inleiding Die boek dra die naam van die profeet wie se profesieë volgens oorlewering daarin opgeneem is. Die naam Hosea beteken Hy verlos...

Die dialoog tussen die voorblad, die manneplot en die verhale in Dulle Griet van Riana Scheepers
1 lit Die dialoog tussen die voorblad, die manneplot en die verhale in Dulle Griet van Riana Scheepers Gerda H. Taljaard Departement Afrikaans Vista M...

Die Kerk se Geboorte
1 Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur:...



Les 2

*5-11 Januarie

Tussen die kandelaars

SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Openbaring 1:9–18; Handelinge 7:54–60; Matthéüs 12:8; Exodus 20:11; Daniël 10:5, 6; Openbaring 1:20; Openbaring 2:1–7. Memory Text: “‘Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het’ ” (Openbaring 3:21).

P

salm 73 beskryf die psalmis se verbystering terwyl hy die windmakerige trots van die goddelose waarneem. Hulle het in oorvloed en gemak geleef in teenstelling met die lyding van die regverdiges. Hierdie onregverdigheid het die psalmis geweldig baie gekwel (Psalm 73:2—16), totdat hy verward na die heiligdom gegaan het (Psalm 73:16, 17). Daar, in die teenwoordigheid van God, het hy ‘n dieper begrip van dié saak gekry. Eeue later het ‘n bejaarde apostel homself op ‘n rotsagtige eiland weens sy getroue getuienis, as gevangene bevind. In sy ellende het hy die nuus ontvang dat die kerke wat onder sy sorg was, gely het. Maar, op daardie kritieke oomblik het hy ‘n visioen van die verrese Christus in die hemelse heiligdom, gehad. Hier, net soos aan die psalmis, het die Here aan Johannes sommige van die geheimenisse van hierdie lewe en die swaarkry wat daarmee gepaard gaan, geopenbaar. Hierdie heiligdomtoneel het aan hom die versekering van Christus se teenwoordigheid en besorgdheid gegee — ‘n versekering wat hy aan hierdie kerke moes deurgee, en ook aan die opvolgende geslagte van Christene deur die eeue tot aan die einde van hierdie wêreld se geskiedenis. *Bestudeer hierdie week se les as voorbereiding vir Sabbat, 12 Januarie.

12

SONDAG

6 Januarie

Op Patmos Lees Openbaring 1:9. Wat vertel Johannes die openbaarder aan ons van die omstandighede waaronder hy die visioene van Openbaring ontvang het?

Patmos was ‘n dorre, rotsagtige eiland in die Egeïese See; dit was 10 myl lank en ses myl breed oor die breedste gedeelte van die eiland. Die Romeine het dit, saam met ander omliggende eilande, as ‘n strafkolonie vir politieke bannelinge gebruik. Vroeë Christenskrywers wat betreklik na aan die tyd van die skrywe van die boek van Openbaring geleef het, bevestig almal dat die Romeinse owerhede Johannes na Patmos verban het oor sy getrouheid aan die evangelie. Die bejaarde apostel het ongetwyfeld, al die swaarkry van Romeinse gevangenskap verduur. Hy was heelwaarskynlik soos ‘n krimineel behandel, in kettings geboei, onvoldoende voedsel gegee, en deur genadelose Romeinse wagte met swepe gedwing om harde werk te doen. “Patmos, ‘n kaal, rotsagtige eiland in die Egeïese See, is deur die Romeinse regering uitgesoek as verbanningsoord vir misdadigers; maar vir die dienaar van God het hierdie sombere plek die hemelpoort geword. Hier, afgesluit van die drukte van die lewe en van die arbeid van sy vorige jare, het hy die gemeenskap van God en van Christus en die engele van die hemel geniet, en van hulle het hy vir die toekoms van die kerk onderrig ontvang.” —Ellen G. White, Die Handelinge van die Apostels, bl. 570-571. Watter ander Bybelkarakters het ontberinge gely in weerwil van (of selfs omrede van) hulle getrouheid aan God? Sien Daniël 3:16–23, Handelinge 7:54–60.

Die volgelinge van Christus behoort nooit te vergeet dat wanneer hulle hulself in soorgelyke omstandighede as Johannes bevind, hulle nie alleen gelaat word nie. Dieselfde Jesus wat na Johannes te midde van sy swaarkry op Patmos met woorde van hoop en bemoediging gekom het, is nog teenwoordig om sy volgelinge te dra en te ondersteun in hulle moeilike omstandighede. Hoe kan ons die verskil tussen lyding ter wille van Christus, en ander lyding wat ook die gevolg van ons eie verkeerde keuses kan insluit, verstaan? Of wat van lyding waarvoor daar, soos dit vir ons voorkom, geen goeie rede is nie? Hoe kan ons leer om die Here in elke situasie te vertrou? 13

MAANDAG

7 Januarie

Op die dag van die Here Lees Openbaring 1:10 saam met Exodus 31:13, Jesaja 58:13, en Matthéüs 12:8. Watter dag, volgens hierdie teksverse, word in die Bybel duidelik as die Here se dag gespesifiseer? Hoeveel betekenis moes hierdie dag nie vir Johannes ingehou het te midde van sy swaarkry nie?

“Dit was op die Sabbat dat die Here van die heerlikheid aan die banneling verskyn het. Johannes het die Sabbat gedurende sy ballingskap op Patmos net so heilig gehou as toe hy vir die mense in die dorpe en stede van Judéa gepreek het. Hy het die kosbare beloftes wat aangaande daardie dag gegee is, vir homself opgeëis.” — Ellen G. White, Die Handelinge van die Apostels, bl. 581. Die teks gee self baie duidelik te kenne dat die apostel Johannes die visioen op die sewendedag, op Sabbat, ontvang het. Alhoewel hy vooruit na die toekomstige gebeure gekyk het, ook na die Tweede Koms van Christus (vergelyk Openbaring 1:7), wat ook as die “die dag van die Here” bekend staan (Jesaja 13:6–13; II Petrus 3:10), het Johannes na die dag toe hy die visioen van die toekomstige gebeure gehad het, verwys, en dit was die Sabbat, die “dag van die Here”. Daar is geen twyfel dat hierdie visioengevulde Sabbat vir hom, te midde van sy lydinge, ‘n voorsmaak van ‘n lewe sonder lyding was, wat hy en die getroues van al die eeue ná die Tweede Koms sal ondervind. In Joodse denke is die Sabbat inderdaad ‘n voorsmaak van die olam haba, “die toekomstige wêreld”. “Die Sabbat wat God in Eden ingestel het, was . . . vir Johannes kosbaar op die eensame eiland . . . “Watter spesiale Sabbat was dit nie vir die eensame banneling nie, ‘n dag wat altyd kosbaar in die gedagte van Christus is, maar nou self nog meer verhewe is! Nog nooit het hy so baie van Jesus geleer nie. Nog nooit het hy van sulke verhewe waarhede eers gedroom nie.” — Ellen G. White Comments, The SDA Bible Commentary, vol. 7, bl. 955. (vry vertaal). Vergelyk die twee weergawes van die vierde gebod van die Dekaloog (die Tien Gebooie) in Exodus 20:11 en in Deuteronómium 5:15. Hierdie verse verwys na die sewendedag- Sabbat as ‘n gedenkteken van beide die skepping en ons verlossing, en herinner ons dat God ons gemaak het, én ons verlos het. Hoe kan ons elke Sabbat God as beide ons Skepper en ons Verlosser, beter onthou? Dink ook hieraan: Wat sou dit Hom baat om ons Skepper te wees sonder dat Hy ook ons Verlosser sou wees? 14

DINSDAG

8 Januarie

Johannes se ontmoeting met Christus op Patmos Lees Openbaring 1:12–18. Vergelyk Johannes se beskrywing van Christus met die beskrywing van die Goddelike wese in Daniël 10:5, 6. Hoe verskyn Jesus in hierdie visioen? Wat is Hy besig om te doen?

Johannes sien hoe Jesus tussen die kandelaars met sy priesterlike kleed aan, wandel. Die visioen wys Israel se antieke tempel met die kandelaars wat die lig verskaf (sien I Konings 7:49). Die prent van Jesus wat tussen die kandelaars wandel, dui op God se belofte aan antieke Israel dat Hy in hul midde sal wandel, en vir hulle ‘n God sal wees (Levítikus 26:12). In Openbaring stel die kandelaars die sewe kerke in Asië voor aan wie die boek van Openbaring oorspronklik gestuur was (Openbaring 1:20). In die simboliese wandeling tussen die kandelaars, vervul Jesus die verbondsbelofte wat aan Israel gemaak was: Hy sal altyd met sy volk wees totdat Hy hulle na sy ewige tuiste kan bring. Die voorstelling van Jesus tussen die kandelaars as priester, verwys ook na die rituele gewoonte in die tempel in Jerusalem. Die daaglikse taak van ‘n gekose priester was om seker te gemaak het dat die lampe in die Heiligdom helder brand. Hy het die lampe wat besig was om te verflou se pitte geknip en die olie aangevul, die snuite van die lampe wat doodgegaan het, vervang, vars olie ingegooi, en hulle weer aangesteek. En so het die priester van die toestand van elke lamp kennis geneem. Jesus is op hierdie wyse persoonlik met die behoeftes en omstandighede, nie net van hierdie kerke nie, maar van almal, betrokke. Lees Openbaring 2:2, 9, 13, 19; 3:1, 8, 15. Wat sê die sinsdeel, “Ek ken”, vir ons oor Jesus se begrip van die situasies en behoeftes van God se volgelinge in daardie kerke?

Jesus het Homself met hoe die name van God hier beskryf word, geïdentifiseer as “die Eerste en . . . die Laaste” (sien Jesaja 44:6, 48:12). Die Griekse woord vir laaste is eschatos, waarvandaan die woord eskatologie (eindtyd) kom. Dit dui daarop dat die fokus van die eskatologie Jesus Christus is, wat die laaste woord oor die finale gebeure het. Hy is “‘die lewende’” en het die “‘sleutels van die doderyk en van die dood’” (Openbaring 1:18). Sleutels is ‘n simbool van krag en outoriteit. Sy getroue volgelinge het nie nodig om te vrees nie, want selfs die dooies word deur Hom bewaak. En as dit die geval is met die dooies, hoeveel meer is dit nie so met die lewendes nie? Sien Matthéüs 22:32.

15

WOENSDAG

9 Januarie

Christus se boodskappe aan die kerke toe, en nou Lees Openbaring 1:11, 19, 20. Jesus het ook verskillende boodskappe aan die sewe kerke in Asië gegee. Wat sê die feit dat daar meer as sewe kerke in die provinsie was, oor die simboliese betekenis van hierdie boodskappe vir Christene oor die algemeen?

Die boodskappe wat Jesus as ‘n opdrag aan Johannes aan die sewe kerke gegee het, word in Openbaring 2 en 3 gevind. Die betekenisse daarvan kan op drie vlakke toegepas word: Histories: Die briewe was oorspronklik aan sewe kerke wat in welvarende eerste-eeuse stede in Asië geleë was, gestuur. Die Christene daar het ernstige uitdagings gehad. Verskeie stede het keiseraanbidding in hulle tempels ingestel om hulle lojaliteit aan Rome te kenne te gee. Keiseraanbidding het verpligtend geword. Daar was van burgerlikes verwag om aan openbare gebeurtenisse en heidense seremonies deel te neem. Omdat baie Christene geweier het om aan hierdie praktyke deel te neem, was hulle vervolg, en selfs gemartel. Deur Christus se opdrag het Johannes die sewe briewe aan hulle geskryf om hulle te help met hierdie uitdagings. Profeties: Die feit dat Openbaring ‘n profetiese boek is, en dat net sewe kerke gekies was om die briewe te ontvang, beaam ook die profetiese aard van die briewe. Die geestelike toestand in die sewe kerke stem ooreen met die geestelike toestand van God se kerk in die onderskeie historiese periodes. Die doel van die sewe briewe is om, vanuit die hemel se perspektief, ‘n panoramiese oorsig van die geestelike toestand van die Christendom vanaf die eerste eeu tot en met die einde, te gee. Universeel: Alhoewel dit oorspronklik aan die kerke in Asië gestuur was, het die sewe kerke ook lesse bevat wat op verskillende Christene in elke eeu van toepassing was. Dit was alles in die brief wat in elke kerk gelees moes word, ingesluit (Openbaring 1:11). Aldus verteenwoordig dit die verskillende tipes Christene op verskillende plekke en in verskillende tye. Byvoorbeeld, terwyl die algemene kenmerk van die Christendom vandag Laodicees is, kan sommige Christene met die kenmerke van een van die ander kerke identifiseer. Die goeie nuus is dat, wat ons geestelike toestand ook al is, God “die gevalle mens aanvaar daar waar hy homself bevind.” — Ellen G. White, Selected Messages, boek 1, bl. 22, (vrye vertaling). Dink daaraan dat, indien die Here ‘n brief in dieselfde vorm as dié aan die sewe kerke aan jou plaaslike kerk sou skryf oor die uitdagings wat die kerk ondervind, en ook oor die geestelike toestand van die kerk, wat sou so ‘n brief sê?

16

DONDERDAG

10 Januarie

Die boodskap aan die kerk in Éfese Éfese was die hoofstad en die grootste stad in die Romeinse provinsie van Asië, en aangesien dit die hoofseehawe van Asië was, was dit deel van die hoofhandelsroetes. Dit was dus ‘n baie belangrike handel- en ook ‘n godsdienstige sentrum. In die stad was daar baie publieke geboue soos tempels, teaters, gimnasiums, badhuise en bordele. Dit was ook bekend vir towerkunspraktyke en die beoefening van die kunste. Die stad was ook vir onsedelikheid en bygelowigheid berug. Tog was die mees invloedryke kerk in dié provinsie, in Éfese. Lees Openbaring 2:1–4 saam met Jeremia 2:2. Hoe stel Jesus Homself aan hierdie kerk voor? Watter hoedanighede van die kerk word deur Jesus geprys? Watter besorgdheid word ook deur Jesus genoem?

In die begin was die Éfesiërs vir hulle geloof en liefde bekend (Éfesiërs 1:15). Alhoewel hulle druk van beide buite en binne die kerk ondervind het, het die Christene in Éfese standvastig en getrou gebly. Hulle was hardwerkend, en hulle leerstellings was suiwer; inderdaad, valse leraars was nie in hulle midde toegelaat nie. Maar, terwyl hulle kerklede suiwer leerstellings en ortodokse gedrag goedgekeur het, het hulle liefde vir Christus en vir hulle mede-kerklede afgeneem en weggekwyn. Alhoewel die kerklede standvastig en getrou was, het hulle werke weens die afwesigheid van liefde, koud en wetties geword. Lees Openbaring 2:5–7. Watter drie dinge benadruk Jesus dat die kerk moet doen om hulle eerste liefde en toewyding aan Christus en hulle mede-gelowiges, te laat herleef? Hoe volg hierdie drie dinge op mekaar?

Profeties stem die toestand van die kerk in Éfese met die algemene situasie en toestand van die kerk in die eerste eeu, ooreen. Die vroeë kerk was deur liefde en getrouheid aan die evangelie gekenmerk. Maar, teen die einde van die eerste eeu het die kerk sy ywer en eerste liefde begin verloor, en sodoende van die eenvoud en reinheid van die evangelie afgedwaal.

Verbeel jouself dat jy deel is van ‘n gemeente wie se liefde besig is om weg te kwyn. Die gemeentelede is nie betrokke by enige bekende of ooglopende sonde nie. In een opsig doen hulle selfs wat reg is; maar, hulle ly aan wettiesheid en tree koud op.

17

VRYDAG

11 Januarie

Vir verdere studie:

Lees Ellen G. White, “Patmos,” bl. 447-454, in Die Handelinge van die Apostels. “Die vervolging het genade in die hand gewerk. Patmos was met die glansryke heerlikheid van ‘n verrese Heiland vereer. Johannes het Christus as mens gesien met die merke van die spykers in sy hande en op sy voete, wat sy ewige roem sal wees. Nou was hy weer toegelaat om sy verrese Here te sien, beklee met soveel heerlikheid as wat ‘n mens kon aanskou en bly lewe. “Die verskyning van Christus aan Johannes behoort aan almal, gelowiges en ongelowiges, ‘n bewys te wees dat ons ‘n verrese Christus aanbid. Dit behoort nuwe lewe en krag aan die kerk te gee. Soms word God se volk deur donker wolke bedreig. Dit lyk asof verdrukking en vervolging hulle wil uitwis. Maar gedurende sulke tye word die mees leersame lesse gegee. Dikwels betree Christus tronke en openbaar homself aan sy uitverkorenes. Hy is by hulle in die vuur op die brandstapel. Soos wat die sterre op hulle helderste in die donkerste nag brand, so word die mees skitterende strale van God se heerlikheid gedurende die donkerste duisternis openbaar. Hoe donkerder die hemel is, hoe helderder en indrukwekkender is die strale van die Son van Geregtigheid, die verrese Heiland.” —Ellen G. White, The Youth’s Instructor, 5 April, 1900, (vrye vertaling).

Vrae vir bespreking: 1. Johannes die openbaarder, vertel aan die lesers wat hy op Patmos gesien en gehoor het. Wat sien en hoor jy terwyl jy Openbaring 1:12-20 lees? Watter woorde van aanmoediging kan jy uit wat hier onthul word, neem? 2. Die eerste engel in Openbaring 14:7 dring daarop aan dat die bewoners van die wêreld gedurende die eindtyd “‘Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het’”, moet aanbid. Dis dieselfde taal wat in Exodus 20:11 gebruik word. Wat vertel dit aan ons oor die belangrikheid van die Sabbat gedurende die eindtyd, soos wat dit in Openbaring bekendgemaak word? 3. Christene ondervind dikwels ‘n vreemde ironie. Hoe langer hulle in die kerk is, hoe makliker is dit vir hulle geloof om minder te word, of selfs om heeltemal uitgeblus te word. Die teenoorgestelde behoort egter te gebeur. Per slot van rekening, hoe langer ons saam met Jesus wandel, hoe meer behoort ons oor Hom en van sy liefde vir ons, te leer. Hoe kan ons dan die geloofsvlam nie net brandend hou nie, maar helderder en helderder laat skyn soos wat dit behoort te wees?

18

Life Enjoy

" Life is not a problem to be solved but a reality to be experienced! "

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2019 TIXPDF.COM - All rights reserved.